Huisgenoot

EINDELIK SPAN HUGO

DIT is maklik om jou te verbeel jy’s op die sprokiesmooi stel van ’n sepietroue. Daar’s die romantiese kapel met sy uitsig oor die Bitourivier, vleilande waar die watervoëls lustig koukus, en die kneusblou berge in die verte waaraan 50 gaste – waaronder talle bekendes onder televisiekykers – hulle nou verwonder.

En getrou aan enige draaiboek trippel die wagtende bruidegom, alombekend as Binnelanders se dr. Tertius Jonker, senuweeagtig rond terwyl hy op sy bruid wag.

Dis egter g’n toneelspel wat maak dat hy sy reeds onberispelike blou pak vir die soveelste keer regtrek nie.

Want die akteur en sanger Reynardt Hugo (34) staan vandag nie in sy bekende sepiekarakter se skoene nie, en die vlinders op sy maag is maar alte werklik. Hy wag al immers meer as ’n dekade lank op hierdie dag.

Die bruid is nou al amper 10 minute laat … Reynardt glip weer na buite, sluit sy oë en haal diep asem. Hy trippel rond asof sy trouskoene hom druk. Alles tot groot vermaak van die gaste hier by die Emily Moon River Lodge naby Plettenbergbaai.

“Is jy bekommerd?” vra een hoorbaar, en almal lag te lekker. “Dink

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie

Related