Huisgenoot

GETROUD MET … MEKAAR!

OM JOU lê die Malutiberge kilometers aaneen uitgestrek. Daar is berge en dale in die mooiste kleurskakerings gedrapeer en valleie met geelgroen landerye – ’n betowerende natuurspel wat jou asem wegslaan.

En dis nie sommer enige uitsig nie. Dit neem jou ’n 4x4-rit van ’n kwartier lank om tot op die piek van die berg te kom – maar trotseer jy dié rukkerige rit na die sandsteenformasie heel bo, word jy met ’n lieflike panorama van Fouriesburg in die Oos-Vrystaat beloon.

Van onder die skaduwee van die lapskuilings wat die sowat 100 trougaste reeds teen elfuur op hierdie vroegherfs- Saterdagoggend teen die skroeiende Vrystaatson beskut, is daar g’n einde aan die skilderagtige landskap nie.

Jy dink ’n oomblik lank jy’t dalk nog nooit mooier gesien nie. Maar dis net tot die gedreun van ’n dieselbakkie skielik die gaste se onderlangse gesels verdoof. Want nes die stofwolk om die bakkie sy lê kry, verskyn die mooiste nog: ’n stralende bruid wat so byna na haar bruidegom aangehardloop wil kom …

, speel Ed Sheeran se liedjie

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie

Related