Huisgenoot

ONS GROOTSTE KERSGESKENK

DIT is alles wat hulle gevra het. ’n Regte, egte Familiekersfees saam met die mense wat hulle liefhet.

Onder die Kersboom gaan dalk ’n stapel geskenke staan, sê die aktrise Marijke Coetser, maar hulle het die grootste geskenk reeds gekry: mekaar en hul pragtige twee kinders.

“Nè, lief?” wil Marijke knipoog by haar man, die akteur Werner Coetser, weet.

“Geen geskenk sal ooit so groot wees soos jy nie,” antwoord hy.

Die Getroud met rugby-akteurspaar en hul twee kinders, Juwan (10) en Layla (16 maande), gaan vanjaar Kersfees by Marijke se ouers, Derick en Marieta Maree, op Bethlehem in die Vrystaat deurbring. Hul eie Bethlehem-Kersfees van liefde, dankbaarheid en samesyn – maar ook met Vrystaatse vreugde en die oorvloed van die groot dae.

“Dis Kersfees soos jy dit nog nie beleef het nie,” vertel Marijke met ’n laggie. “My ma gaan elke jaar berserk met Kersfees – van tafelversierings tot die boom en die Kersete. Dis altyd ’n wonderlike tyd van die jaar omdat die hele familie daar by ons huis bymekaarkom; dis veral ’n tyd waarin ons opnuut dankbaar is vir die mense wat ons liefhet.”

Hulle het eintlik ander planne gehad vir dié feestyd, erken die twee, want as die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
’n Blok Vir Sports Op 50
DALK onthou jy nog die soort speelgoed wat jou laerskoolvriende pouses uitgehaal het. Van yo-yo’s tot albasters was deur geslagte algemeen en enigiemand kon daarmee speel. Maar daar is een speelding wat net deur ’n uitgelese groepie kinders baasgeraa

Related