Huisgenoot

’N DOGTER – SO BLITS- VINNIG

SY IS lankal gereed om ma te word. Twee jaar gelede het sy al vir haar destydse sitrusboer-kêrel gesê hulle sal moet opskud, want sy wil babas hê.

En net so reguit is Rox-Zee Veldhuizen vandag toe sy vertel die baba wat sy en haar nuwe kêrel verwag, was beplan.

“Dit was nie ’n oepsie nie,” sê sy. “Dit is wat ons wou hê.”

Vir die blondine wat kykers in die 11de seisoen van Boer soek ’n vrou leer ken het, was dit verlede November liefde met die eerste afspraak toe sy en James Weyer (24), ’n sakeman van KwaZulu-Natal, mekaar ontmoet het.

So hoog het die liefdesvlam gebrand dat hulle gou besluit het om met ’n gesin te begin, en ná ’n blitsromanse van net vier maande was sy swanger.

“Ek is baie bly James is die pa,” sê Rox-Zee (30). “Dit is nogal ’n vreesaanjaende gedagte om ’n kind by die verkeerde mens te kry.”

“Oe, nee,” gesels sy. “Ek kan my dit nie indink nie.”

In James, glo sy, het sy die ideale maat gevind. “Hy is altyd dieselfde en nooit buierig nie. Hy ondersteun my en weet hoe om my te hanteer, want ek kan vurig

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
’n “Bewering” is as jy sonder bewys ’n mening verkondig. So hoor ek. “Beweer” kom van “bewaar” – letterlik iets wat jy wil waar maak. Oftewel “bewaarheid”. En só het bewaar ook begin beteken dat jy iets in stand hou. Jy pas dit mooi op. Dié groepie w
Huisgenoot2 min read
Wil Jy ’n Skrywer Word?
Het iemand al vir jou gesê jy skryf mooi opstelle? Of dink jy self jy skryf nogal oulike stories? As jy ’n groot begeerte het om eendag jou stories in ’n tydskrif of boek te sien, moet jy dadelik vir die Kommadagga-slypskool inskryf. Dit word vir die
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Katinka Oosthuizen
Wat is geluk vir jou? Om content te wees. Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Die dag toe ek getrou het. Toe ek so by die aisle afstap en my man tjank, toe dink ek: “Mm, nou is ek gelukkig.” Wat verveel jou? As iemand net oor hulself praat. Wa

Related