Huisgenoot

VERWARD – EN NOG OP SOEK …

KAALVOET in ’n swart kortbroek en sonder ’n hemp het die bruingebrande, gespierde sitrusboer pas langs die mooi blondine op ’n rusbank kom inskuif.

Verlede Oktober was hulle nog twee liefdesduifies wat tussen pienk en wit lentebloeisels op Huisgenoot se voorblad vir mekaar gekoer het.

Nou is die atmosfeer tussen Rox-Zee Veldhuizen en JJ Stander gespanne hier in haar ouerhuis in Hillcrest, Durban. Die 25-jarige boer van Citrusdal in die Wes-Kaap het die drie weke van inperking saam met haar by haar ouers kom deurbring. Hy help fluks in die huis en het pas een van die vertrekke gestofsuig.

“Dit is jóú keuse of jy hier wil rondhang. As jy wil loop, kan jy loop. Maar jy hou duidelik van my geselskap; daarom is jy nog hier,” sê sy en kyk ’n oomblik stroef na die aantreklike donkerkopman langs haar.

“Jy is baie aan en af die laaste tyd. En dit verander deur die dag,” kap JJ terug.

“Een dag is jy só; die ander dag is jy só. En dit verander twee tot drie keer per dag! Vanoggend was als fine toe jy wakker word; nou sit ons hier en jy het klaar verander. En dit is nou eers elfuur,” voeg hy moedeloos by.

Dan, skielik, asof sy pas van die videoonderhoud met onthou het, draai Rox-Zee (29) haar blik terug na haar selfoonskerm. Met bloedrooi geverfde vingernaels vryf sy vinnig deur haar blonde hare en vee daarmee saam JJ se klagtes

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot6 min read
Menings Oor Stories Op Huisgenoot.com
Hy gaan op 72 deur ’n rowwe tyd weens rugbeserings, sê Leon Schuster. Maar hy maak grappies deur die pyn – en hy gáán nog sy droomfliek maak My prins, ek love jou en bid vir jou. Wees sterk my ou en beweeg, staan op, beweeg. My liewe grapjas, hou net
Huisgenoot6 min read
Tuindoepa
ALLES is in skakerings van groen. Swartgroen struike groei welig in die skadu van die fluoressente geelgroen koorsboom. ’n Groepie unieke blougroen broodbome word deur olyfgroen siergras omsoom. Eenkant groei die skoonma-se-tong. Geharde blaartonge k
Huisgenoot2 min read
Babanuus
NÁ WEKE van bespiegeling het JUSTIN en HAILEYBIEBER eindelik die aap uit die mou gelaat – daar’s ’n kleinding op pad. Die egpaar het die nuus met ’n videogreep en foto’s op Instagram gedeel. Die aankondiging het hul aanhangers gaande gehad, want geru

Related