Avontuur Afrika

Timbavati - hemel op aarde

Die Xitsonga woord, Timbavati, beteken “die plek waar iets heilig vanuit die hemel na die aarde afgekom het” en dié area is wêreldwyd bekend, veral danksy die verskynsel van die sogenaamde wit leeus wat van tyd tot tyd natuurlik hier voorkom. Alhoewel Chris McBride in 1977 vir die eerste keer daaroor in “The White Lions of the Timbavati” geskryf het, is die besondere leeus al so vroeg as 1938 deur plaaslike stamme opgeteken. Die oorsaak vir die besondere kleur van die leeus is ‘n kleurmutasie en nie albinisme, soos aanvanklik geglo is, nie.

Hierdie Mpumalanga-juweel is geleë op die grenslyn van Hoedspruit en Acornhoek, noord van die Sabi Sands Privaat Wildreservaat aan die westelike grens van die Nasionale Kruger Wildtuin – ongeveer 500km vanaf Johannesburg.

Die storie van die Timbavati Privaat Natuurreservaat begin in die 1950’s toe ‘n groep eendersdenkende mense besluit het om die stuk land van habitat verwoesting te red, sodat die gebied bewaar kon word vir toekomstige geslagte. In 1956 is die Timbavati Vereniging, ‘n nie-winsgewende organisasie, deur 47 grondeienaars gestig, met die oog op bewaring van die unieke fauna en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika2 min read
G‘n Vrot Pampoen!
Het jy geweet daar is omtrent 900 verskillende soorte pampoen? (En het jy geweet komkommers en waatlemoene is eintlik deel van die pampoenfamilie? Maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag…) So waarom – as daar soveel verskillende pampoene is – sal ‘n mens
Avontuur Afrika2 min read
Klein En Bruin Maak Dinge Moeilik
KBV’s word oor die algemeen as die mees uitdagende groep voëls om van mekaar te onderskei, beskou aangesien almal… wel… klein, bruin, vaal en erg soortgelyk in voorkoms is. Maar moenie jou brein (of is dit nou ‘bruin’) breek nie – ons is hier om jou
Avontuur Afrika3 min read
Sinvolle Sonkrag
Om die benaderde doeltreffendheid van ‘n sonpaneel as ‘n persentasie te bereken, is daar ‘n eenvoudige formule wat gebruik kan word: die paneelkrag (gemeet in kW) gedeel deur die lengte en breedte van die paneel (gemeet in meter), vermenigvuldig met

Related