TOP-IDEE VIR PARTYTJIES
Wil jy ’n onvergeetlike partytjie hou? Gaan museum toe! Ditsong Museums of South Africa kan kinderdrome help bewaarheid, soos met ’n nag by die museum saam met dinosourusse. Van die museums het ook trekkerritte en plaasdiere. Al die museumpersele is regtig pragtig en die personeel staan. Oorweeg sommer ’n uitstappie na die een naaste aan julle, al is dit nie vir ’n partytjie nie.