GEBORGE IN ONS RITUELE
Elke Oukersaand, vandat sy kan onthou, gly Kersvader in ’n bootjie oor Sedgefield se strandmeer na hul strandhuis. Tot vandag toe is dit een van Leonie Dyamond, ’n koshuisvriendin van my Stellenbosch-dae, se beste herinneringe. Die ou man met die swart sak en die rooi kabaai al roeiende op die meer. En hoewel haar en haar broer en suster se kinders al volwasse is, dra sy dié beeld al sedert kindertyd saam. Háár kinders onthou dit ewe goed. En hul kinders sal ook eendag só aan Oukersaand dink…
Soos sy dit vertel, sien ek dit in my geestesoog asof in ’n fliek. En dit is die wonder van ‘rituele’ wat al die kunswerke in ons kop vorm. Dit kleur ons gedagtes vir ewig. Dit maak die lewe sagter, mooier, dit laat ons geborge voel, dit aard ons.
Dié beelde, meer as enigiets anders, is die wonder van ouerword se ryke erfenis.
Sommige mense skrik as hulle die woord ‘ritueel’ hoor. Dit klink darem alte veel na ’n offerande, iets grieselrigs, na bloed op ’n brandstapel. Of na te groot, té uitbundige saamtrekke.
Tog is rituele ’n universele ding. Ongeag ras, geloof, geslag of kultuur – die mens het sedert oertye ’n behoefte aan die uitvoer daarvan omdat dit ons motiveer en ons)
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days