Idees

HULP TER HANDE

Ek het my arms by my trui ingesteek en my ma se hande het by die moue uitgekom,’ het wyle dr. Cecile Cilliers eenkeer in ’n rubriek geskryf. Dié beeld bly my nog al die jare by.

Die vel op ons hande is ouder-domsverklikkers, meer nog as ons gesig. Daar is verskeie kosmetiese prosedures wat ’n estetiese dokter of spesialis kan uitvoer om jou hande jeugdiger te laat lyk, soortgelyk aan die prosedures wat vir gelaatsverjonging gebruik word.

Maar wat as jou hande nog nie oud lyk nie, maar oumensstreke begin uithaal? My oomblik van waarheid was toe ek begin agterkom het ek maak ál meer tikfoute, ná meer as vyf dekades voor ’n toetsbord. Boonop laat ek goed val, veral my linkerhand se greep is nie soos dit hoort nie. En soos sinchronisiteit dit wil hê, ontmoet ek dr. Pieter Jordaan toe ek in ’n restaurant op George gaan hallo sê vir dr. Chetan Patel, voorste plastiese chirurg en van Johannesburg voordat hy (ook) ’n paar jaar gelede sy wortels opgetrek en na die Tuinroete gesemigreer het.

Dr. Jordaan is ’n ortopediese handchirurg wat in 2021 die eerste Suid-Afrikaner geword het wat die Europese Raad

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees3 min read
Onthoutye
Baie mense dink 'n plattelandse bestaan is 'n lewe van gemak en duursame dienlikheid, maar styl was nog nooit iets wat Illze Muller kon afskeep nie. Sy is die vrou met die kop vol drome agter die interieur van dié 180 jaar oue plaashuis. Teen die tyd
Idees2 min read
Vanieljekoekies Op 4 Maniere
Maak: omtrent 30 koekies Bereidingstyd: 1 uur, plus yskastyd Baktyd: omtrent 15 minute per baksel Oondtemperatuur: 170 ºC ♥ 250 g (270 ml) sagte botter ♥ 140 g (160 ml) strooisuiker ♥ 2 groot eiergele ♥ 5 ml vanielje-ekstrak ♥ 360 g (660 ml) koekmeel
Idees2 min read
Aartappel-samoesas
Maak: omtrent 20 Bereidingstyd: 60-90 minute Gaarmaaktyd: omtrent 45 minute ♥ 4 middelslag-aartappels, geskil en in blokkies gesny ♥ 100 ml bevrore ertjies ♥ 15 ml canola-olie ♥ 5 ml heel komynsaad ♥ 1 takkie vars kerrieblare (opsioneel) ♥ 5 ml fynge

Related