Huisgenoot

DIE DWALENDE HANDE VAN ONS DOKTER

SY HET al weke lank ernstig siek in die hospitaal gelê toe die saal se matrone een middag vir haar kom sê die endokrinoloog wat haar behandel, wil haar in sy spreekkamer sien.

“Ek was baie siek en ek het nog gevra of ’n portier my kan vat, maar ek is aangesê om met my lêer na hom toe te loop,” onthou Petro* oor daardie Saterdag in November 2019.

“Ek het geweet hier kom dit nou en het in ’n koue sweet uitgeslaan.”

Maar dit was nie uit vrees vir wat die dokter moontlik vir haar oor haar siektetoestand sou sê nie – eerder weens die vrees vir sy dwalende hande.

Petro, ’n ouma in haar vroeë 50’s van Gqeberha, is een van vier vroue wat vroeër vanjaar voor die Raad vir Gesondheidsberoepe (RGB) se gedragskomitee getuig het hoe dr. Gregory Hough (49) hulle na bewering tydens mediese ondersoeke betas, seksueel aangerand en ook seksuele aanmerkings gemaak het.

Hy is verlede maand skuldig bevind op vier aanklagte van seksuele aanranding en een van onprofessionele gedrag omdat hy ’n inwendige ondersoek sonder ’n handskoen uitgevoer het. Op nog nege aanklagte is hy vrygespreek.

Sy lisensie om as dokter te praktiseer is vir 18 maande opgeskort, terugwerkend vanaf September 2020 toe hy tydelik geskors is hangende die RGB se ondersoek. Dit beteken hy sal weer in Maart 2022 kan praktiseer.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe
Huisgenoot2 min read
Ontmoet Die Hoofkarakters
Sebastian is ’n professor in entomologie en probeer almal in sy familie se pad gelyk maak, vertel Albert. Hy’s ’n ordentlike man, maar sy begrip vir sy vrou, Elma, is nie heeltemal op dieselfde standaard as sy kennis van insekte nie. Hy is geneig om
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Nadine Blom
Wat is geluk vir jou? Daai oomblik wat jy weet jy het ’n verskil gemaak in iemand anders se lewe. Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Op die verhoog, besig om te sing of mense te vermaak. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Ek hou myself gr

Related