PASTOOR WAT KARRE ‘UITDEEL’
Nov 05, 2021
4 minutes
Deur COLIN HENDRICKS
VAN buite lyk die eenvoudige siersteengebou in Elvaweg, Plumstead, maar taamlik gewoon. Die ingang is ewe onopvallend: ’n doodgewone deur, soos wat jy by enige huis of kantoor sou kry, agter ’n veiligheidshek.
’n Plek van wonders? Nie met die eerste oogopslag nie.
Tog is Cathy Rightford, op 66 al grys en effens kromgetrek deur die lewe, vanoggend bly om hier te wees. Dié weduwee met haar karige inkomste sien om na twee aangenome kinders. Die laaste ruk voel sy besonder terneergedruk, want haar ou motortjie is gesteel. En toe sy uit nood met ’n taxi reis, word sy beroof.
Haar gemoed lig toe sy op een van die vaal kantoorstoele plaasneem, want dis Sondag en
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days