Avontuur Afrika

Bokkoms, & koue bier 4x4 maak Velddrif dié plek

Die teerpad roep al weer. Stompneusbaai en sy mense, van wie ons laas maand vertel het, sit warm en knus in ons harte toe ons by Midwest Karavaanpark oppak – allermins so netjies as wat ons voertuig drie dae gelede was, maar darem.

Alles pas in en dit ratel darem nie té veel toe ons die R399 na Velddrif neem nie. Dis verbasend hoe vinnig jy die seegevoel agterlaat en die skaap- en graanplase weerskante van die pad jou herinner dat jy eintlik met jou een voet in die Swartland staan. Ons ry nie oor die brug dorp in nie, maar draai op die Hopefield-pad af na Kuifkopvisvanger, ons volgende kampplek.

Ons kry die “nood-staanplek” vertel eienaar Jan Kotze ons so in die stap. Hy verduidelik dat een van sy vriende een Desember gebel het en gesê het die Namakwalandse sanger, Boeta Gammie, wil kom kamp en hulle moet plan maak. Die kamp was vol en die nuwe staanplek is inderhaas bygebring. Jan sê dis nou die beste staanplek in die kamp, maar omdat ons so buite seisoen is, is daar nie moeilikheid nie en ons kan maar afpak.

Dis inderdaard ‘n prima staanplek – twee treë van die ablusiegeriewe, onder ‘n groot boom, hoog op die walletjie met ‘n pragtige uitsig oor die rivier en ‘n speelarea vir die kleinspan slegs ‘n katspoegie verder. Wat wil jy nou meer hê?

Daar is ook twee ten volle toegeruste permanente woonwaens, agt selfsorghuisies en altesaam 19 kampstaanplekke. Terwyl ons tent opslaan, kan jy nie help om kort-kort oor jou skouer te kyk na die rivier waar hope voëls jag, bad en hul vere in die son laat droogword nie. Onder teen die water sit ‘n paartjie op hul kampstoele met hul verkykers en kort-kort hoor jy net ‘n ligte gilletjie wanneer

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika4 min read
Nou Met Meer…
Die legendariese Toyota Land Cruiser 70 is die eerste keer in 1984 in Japan bekendgestel en vier vanjaar sy 40ste herdenking. Dis amper ongelooflik om te dink dat meer as 10 000 000 eenhede sedertdien wêreldwyd verkoop is. Dit is ‘n verstommende 250
Avontuur Afrika2 min read
Reiswenke
• Visum-en toegangsvereistes: Meeste Afrika-paspoorthouers benodig ‘n visum om Europese lande binne te gaan. Bestudeer die spesifieke visumvereistes van die land wat jy van plan is om te besoek en doen vroegtydig aansoek vir jou visum. Maak seker dat
Avontuur Afrika4 min read
5 Uit 5 Vir Die Jimny
Om in die Desembervakansie vir ‘n paar weke die Suzuki Jimny vyfdeur te ry, het my die geleentheid gebied om hierdie klein 4x4 met sy groot hart intiem te leer ken. Vir die eerste week of wat het ek meestal Uber vir ons jongste dogter en haar vriendi

Related