Avontuur Afrika

Avontuur to huur!

Ons ry met groot opwinding uit die Strand en in Brackenfell verruil ons, ons motor vir die silwerskoon, ingerigte Suzuki Jimny Gen4 1.5 GLX. Donkergrys en blinknuut. Ons pak ons gevriesde vleis, wors, botter en kaas in die groot yskas wat laai terwyl jy ry en droë bestanddele in een van die swart kratte wat netjies vasgemaak is.

Die R27, of Weskuspad, strek wyd en oop voor ons uit. Die eerste stop is Blake Familie Wyne op die Yzerfonteinpad. Die lekkerte by Blakes Familie Wyne, wat in November hul eie proelokaal op pad na Yzerfontein oopgemaak het, is dat die klein deli langs die pizzeria jou toelaat om jou eie piekniekmandjie te pak, ‘n bottel wyn te kies en dan buite te kuier. As die weer draai, skuif almal binnetoe en dan kuier jy nóg lekkerder tussen die wynvate. Hulle pak ook kaasborde, maar ek sien almal wat nie pizza bestel het nie, kyk met lang oë na dié wat het.

Gordon Breaky en Dave Coleshill is die bekende pizzameesters by Gordo’s Pizzeria by House of Blake’s. Hulle is al etlike jare deel van die Yzerfontein lewe en maak elke oggend hul eie pizza-basis en sous. As dit uitverkoop is, is dit tjailatyd want Gordon, wat al sover as die eiland Maui gewerk het, glo aan varsheid. Niks moet oorstaan nie. Ons eet een van Gordon se bekende – of dalk eerder berugte met ‘n naam soos – pizza’s met hoender, grondboontjiebotter

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika4 min read
Nou Met Meer…
Die legendariese Toyota Land Cruiser 70 is die eerste keer in 1984 in Japan bekendgestel en vier vanjaar sy 40ste herdenking. Dis amper ongelooflik om te dink dat meer as 10 000 000 eenhede sedertdien wêreldwyd verkoop is. Dit is ‘n verstommende 250
Avontuur Afrika2 min read
Reiswenke
• Visum-en toegangsvereistes: Meeste Afrika-paspoorthouers benodig ‘n visum om Europese lande binne te gaan. Bestudeer die spesifieke visumvereistes van die land wat jy van plan is om te besoek en doen vroegtydig aansoek vir jou visum. Maak seker dat
Avontuur Afrika4 min read
5 Uit 5 Vir Die Jimny
Om in die Desembervakansie vir ‘n paar weke die Suzuki Jimny vyfdeur te ry, het my die geleentheid gebied om hierdie klein 4x4 met sy groot hart intiem te leer ken. Vir die eerste week of wat het ek meestal Uber vir ons jongste dogter en haar vriendi

Related