Kokon van liefde
EK WIL jou vir myself hê – net vir myself.”
Manon hoor Jans se woorde in sy goed gemoduleerde stem asof hy langs haar staan. Sy voel hoe die fyn haartjies op haar arms rys. Drie jaar gelede was dié woorde die bewys van sy oneindige liefde vir haar – net hulle twee saam toegespin in ’n kokon van liefde. Ná ’n idilliese paar weke het dit geleidelik begin verander in ’n tronk van twyfel, verwarring en vrees.
“Den Haag is nie Pretoria nie. Selfs met my invloed sal jy nie sommer werk kry by ’n koerant hier nie.”
Sy het gewonder of hy ooit haar CV aangestuur het.
“Sê jy ek lieg?”
Hy het vir haar ’n nuwe rok gebring wat sy moes aanpas vir ’n onthaal wat hulle sou bywoon. “Jy begin anoreksies lyk.”
Sy wou graag Parys toe gaan om die kunswerke in die Louvre te gaan
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days