MY KAMMA-HUWELIK
Sep 23, 2021
4 minutes
Deur CYRIL BLACKBURN
Foto’s:
ONKGOPOTSE KOLOTI
VYFTIEN jaar lank was sy die gevangene van ’n huweliksmaat wat haar lewe hel gemaak het. Haar kans op geluk is verwoes, sy kon nie werk of selfs ’n eie rekening oopmaak nie.
Dag ná dag, jaar in en jaar uit, het sy teen haar omstandighede getier, maar uitkoms was daar nie. Sy was radeloos en boonop in armoede gedompel.
Toe, in Augustus vanjaar, breek die oomblik aan waarvoor Elize O’Brien (41) so lank geveg het: In die hooggeregshof in Pretoria is haar huwelik nietig verklaar. Haar verligting om weer vry te wees was onbeskryflik.
Maar waarom dan soveel jare van drama voor sy eindelik geskei is? Hoekom nie vroeër nie?
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days