Huisgenoot

SWART SKOONHEID

DIE SWARTLUIPERD SE SILHOEËT BEWEEG VOOR DIE ROTSE VERBY. SY BEWEGING HET ONMISKENBAAR DIE SOEPELHEID VAN ’N KAT WAT NIE GESIEN WIL WORD NIE

DIS ’n gitswart nag. Wolke versluier die sterre en die belofte van reën hang swaar in die lug. Die krieke se gedreun word af en toe deur ’n dassie se onheilspellende geroep onderbreek. Ek skakel my koplig af en dit dompel my in volslae duisternis. As ek een tree in die verkeerde rigting gee, sal ek by ’n loodregte krans afval en op ’n hoop rotse en knoetserige plantegroei land. Ek gee een tree vorentoe – daar is ’n sagte klikgeluid en ’n ligflits toe die bewegingsensor my waarneem en my kamera aktiveer om ’n foto te neem.

’n Halwe minuut staan ek doodstil en laat die Afrika-nag my omvou. Hier in ’n afgeleë hoek van Kenia voel ek ver van die res van die wêreld verwyder.

Die kamera se sluiter klik weer. Ek skakel weer my lig aan en loop in ’n sirkel tot agter die kamera om te sien watter beeld dit vasgevang het. Daar is ’n foto van my agter op die kamera, perfek verlig asof ek in ’n fotografiese ateljee gestaan het.

Nou moet ek net wag dat die skimagtige dier op hierdie plek verbyloop, verkieslik op ’n helder nag wanneer die kamera se stadige sluiterspoed ook die sterrenag sal vasvang.

Ek het

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Bianca Terblanche Oor Harry De Villiers
DIT was nie liefde met die eerste oogopslag nie. Allesbehalwe. Ek het ’n ander ou gedate toe ek vir Harry ontmoet het. Hy was amper 10 jaar ouer as ek. Ek en sy broer was saam op skool op Aliwal-Noord. Ons paaie het in 2015 die eerste keer gekruis. E
Huisgenoot8 min read
Die Klank Van Sy Lewe
ELTON John het in 1987 ’n keeloperasie gehad wat sy stem verander het. Rod Stewart het in 2000 gehoor hy het skildklierkanker en kon nege maande lank nie sing nie. Luciano Pavarotti het groeisels aan sy stembande gekry omdat hy aan die begin van sy l
Huisgenoot4 min read
Hoekom Grom My Maag Soms?
‘WAT dink julle van dié een?” vra Bibi en hou ’n geel top met kolle in die lug. Sy is besig om deur ’n klomp klere te gaan sodat sy kan besluit watter klere sy moet hou en watter klere sy moet uitgooi. “Mal daaroor. Jy lyk baie mooi in geel, so ek di

Related Books & Audiobooks