Huisgenoot

FRANKRYK SE GOUE PAAR SÁÁM DEUR DIK EN DUN

DIE Franse is nie lief vir weddenskappe nie, maar toe Nicolas Sarkozy en Carla Bruni in 2008 ná ’n romanse van twee maande besluit om te trou, het talle begin raai wat hul skeidatum sou wees.

Dié twee, die sexy supermodel en “pres. Bling-Bling”– die bynaam wat die media hom gegee het oor sy voorliefde vir Rolex-horlosies, sonbrille met goue rame en die rykes se geselskap – was mal oor publisiteit, is gesê. Sy was mal oor mag; hy oor jong vroue. Dit sou nooit hou nie, het hulle oor sy derde huwelik voorspel.

“Sy sal hom los as hy in 2012 verloor,” het ’n politikus-vriend vir my gesê.

Nicolas, ’n Republikein, het toe teen die Sosialis François Hollande verloor en was nie vir ’n tweede termyn president nie.

“Sy dwalende oog sal iemand anders kry die oomblik dat sy vir botoks gaan,” het ’n voorste Republikein selfversekerd by ’n ete laat hoor.

Dertien jaar, een presidentskap en twee verkiesingsnederlae (in 2012 en 2017) later is Nicolas en Carla steeds getroud en luidens berigte nader aan mekaar as ooit. Dit is ten spyte van die grootste toets denkbaar: ’n klomp geregtelike uitdagings wat deur “aktivistiese regters” se toedoen is, soos Nicolas volhou. En hy ontken alles.

Geen van die halfdosyn ondersoeke het iets opgelewer nie – tot vroeër vanjaar toe die voormalige president se kierangs eindelik begin braai het: Hy is daaraan skuldig bevind dat hy in 2014, twee jaar ná sy ampstermyn, ’n regter probeer omkoop het.

Nuus oor die skandaal het wêreldwyd opslae gemaak. Volgens die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot6 min read
Menings Oor Stories Op Huisgenoot.com
Hy gaan op 72 deur ’n rowwe tyd weens rugbeserings, sê Leon Schuster. Maar hy maak grappies deur die pyn – en hy gáán nog sy droomfliek maak My prins, ek love jou en bid vir jou. Wees sterk my ou en beweeg, staan op, beweeg. My liewe grapjas, hou net
Huisgenoot6 min read
Tuindoepa
ALLES is in skakerings van groen. Swartgroen struike groei welig in die skadu van die fluoressente geelgroen koorsboom. ’n Groepie unieke blougroen broodbome word deur olyfgroen siergras omsoom. Eenkant groei die skoonma-se-tong. Geharde blaartonge k
Huisgenoot2 min read
Babanuus
NÁ WEKE van bespiegeling het JUSTIN en HAILEYBIEBER eindelik die aap uit die mou gelaat – daar’s ’n kleinding op pad. Die egpaar het die nuus met ’n videogreep en foto’s op Instagram gedeel. Die aankondiging het hul aanhangers gaande gehad, want geru

Related