Die ánder Blouberg
Ek en Johan van Wyk staan aan die suidekant van die berg met verkykers gelig ten hemele. Aasvoëls sweef omtrent 400 m bo ons. Soms gaan sit een op ’n nes in die krans. Meestal lyk dit asof hulle sommer net vlieg omdat dit lekker is.
Vir 1 230 broeipare kransaasvoëls is Blouberg die middelpunt van hulle wêreld, want die witgeblertste kranse hier huisves Suid-Afrika se grootste broeikolonie van dié bedreigde spesie. In die 1990’s was skaars 500 broeipare oor en die aanwas van hierdie bevolking is een van die Blouberg-natuurreservaat se groot suksesverhale. Só vertel Johan my. Hy is die reservaatbestuurder en al sedert 1992 hier – die herstel van die kolonie het voor sy oë gebeur.
Blouberg is ’n beboste, steil berg wat bo die vlaktes uittroon – ’n inselberg, met ander woorde – sowat 15 km wes van die mees westelike punt van die Soutpansberg. Die hoogste punt, wat ook sommer net Bloubergpiek genoem word, maar nog op sommige kaarte Ga-Monnaasenamoriri heet, is 2 051 m hoog. In Sepedi beteken Ga-Monnaasenamoriri “die man met die bleskop”, want van onder lyk die hoogste spits na kaal rots.
Die berg is omtrent 30 km van oos na wes, en as jy óm die berg wil ry om sy plesiere te ontdek het jy ’n hele dag nodig. Die beste plek om só ’n verkenning te begin is die Bloubergnatuurreservaat, ’n 9320 ha groot provinsiale reservaat wat in 1983 geproklameer is, styf teen wat destyds deel van die Lebowa-tuisland was.
Sedertdien het tyd hier op ’n manier stilgestaan. Die mense wat in die dorpies om die voet van die
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days