DIS JOU KAPTEIN WAT PRAAT
‘DIT WAS ALGEMEEN VIR DIE OUER VLIEËNIERS OM VERHOUDINGS MET LUGWAARDINNE TE HÊ’
JY KAN jou dit skaars voorstel: vlieëniers wat in die stuurkajuit rook, met lugwaardinne flirt en hul vliegtuie soos cowboys vlieg, min gepla oor die gemak of veiligheid van hul passasiers. Destyds in die 1980’s was die SAL die “uiterste manneklub,” sê Robert Schapiro – en hy behoort te weet, want as ’n medevlieënier het hy dit alles beleef. En dikwels het nie net die vlieëniers se gedrag veel te wense oorgelaat nie; ook dié van die passasiers.
In hierdie uittreksel uit sy memoires, Secrets from the Cockpit, lig hy die sluier oor dié manewales
‘CHICKEN OR BEEF?’
Dit was nie ongewoon vir vlieëniers en kajuitpersoneel om 10 kg of meer in hul eerste jaar by die SAL aan te sit nie. Lugdienskos was toe verbasend lekker – selfs in ekonomiese klas.
Maar die kos in die eersteklas was in sy eie liga. As voorgereg is kaviaar en foie gras bedien, gevolg deur ’n hoofgeregte van kreef en filetsteak en die etes is afgesluit met dekadente nageregte en rojale borde vrugte en kaas; en dié luukses was van dieselfde gehalte as ’n goeie restaurant s’n.
Vleis soos gebraaide beesboud, wildsvleis of eend is volgens bestelling aan boord voorberei; niks is vooraf verpak nie.
Maaltye is ook aan die personeel verskaf, maar een van my kollegas het my op my heel eerste vlug aangeraai om te wag tot die passasiers klaar geëet het. En hy was reg. Daar was nie iets soos “beperkte keuse” in eerste klas nie.
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days