Huisgenoot

DANKIE, SHALEEN

SELF het sy g’n kroos nie, maar van haar bekendste rolle is dié van sterk moederfigure – soos die skrywer Dalene Matthee se weergalose Fiela.

Vra jy die aktrise Zenobia Kloppers hieroor, sê sy dis eenvoudig: Sy put inspirasie uit die sterk vroue rondom haar. Vroue soos haar ma, Alfreda, en die aktrise Denise Newman; en veral June van Merch en Shaleen Surtie-Richards, wat albei voor haar ook soveel lof gekry het vir hul spel as Fiela.

Hulle was haar voorgangers, die verhoogma’s in wie se spore sy vandag volg. Nes haar eie ma nog altyd ’n lig in haar lewe was.

“My ma is my alles; sy is die sterkste persoon wat ek ken,” vertel Zenobia. Sy haal summier aan uit die gedig “Ma” deur Antjie… Háár ma is die persoon in daardie gedig, sê sy. “Sy is my leiklip op die pad deur die lewe.”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Filantroop
beteken liefde en “anthropos” beteken mens of mensdom. In die oorspronklike Grieks beteken dit “liefde vir die mensdom”. ’n Filantroop is ’n weldoener wat sy tyd en geld gebruik om ander mense te help. In die middel van Indië se maand lange verkiesin
Huisgenoot5 min read
Spele-droom Vir Die Slim, Vinnige Outjie Van Ceres
AS KIND het hy in die stofstrate van Ceres saam met sy maatjies raakrugby gespeel – ’n regte klein blits met ’n Cokeplastiekbottel vol sand as die bal. Toe al het almal geweet: Dié mannetjie is vinnig, hoor. Maar nooit sou hy kon droom dat hy eendag
Huisgenoot8 min read
’n Sussie Ná Al Die Wag En Seer
HUL storie is een van báie wag. Van járe se gewag. En van teleurstelling keer op keer. Só graag wou hulle kinders van hul eie hê dat hulle nie net een of twee of drie keer in vitrovrugbaarheidsbehandeling ingespan het nie, maar ’n volle 17 keer. Sewe

Related Books & Audiobooks