Vrouekeur

CLEMENTINE huil van trots

Ons ontmoet net nadat die rolprent Poppie Nongena die eerste keer by die Silwer-skerm-fees vertoon is. Die fliek, wat van 31 Januarie af in teaters te sien is, is aangrypend en by tye uiters ontstellend. Dis ’n rolprent wat aan jou hart vat.

Die meeste van ons is bekend met die verhaal van Poppie, die hoofkarakter in die ikoniese Elsa Joubert-roman Die swerfjare van Poppie Nongena. Dit vertel die verhaal van ’n Xhosa-huiswerker wat haar midde-in die onstuimige apartheid-Suid-Afrika verset teen die paswette wat haar lewe beheer.

Regoor my sit Clementine Mosimane, sjiek in ’n noupassende koningsblou broek en baadjie en pas klaar met ’n TV-onder-houd. Die 54-jarige aktrise, wat die hoofrol in die prent vertolk, lyk so tevrede soos ’n kat wat ’n piering room uitgesnuffel het en dit met niemand hoef te deel nie. (Die volgende aand is

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Vrouekeur

Vrouekeur1 min read
Blokraaie
Voltooi die rooster sodat elke ry dwars, elke kolom af en elke 3x3 kassie die letters BRANDSTOF bevat. Dis al wat jy moet doen! Jy los die raaisel met logika en beredenering op. Om uit te vind wat SUDOKU is, gaan kyk na http://en.wikipedia.org/wiki/S
Vrouekeur6 min read
Net ’n Drie Kan Vyf Tel
Hermien skuif tot op die punt van die stoel. Die uitgebleikte gordyne in die portaal eggo die afgeleefde skoolgebou. Almal is reeds huis toe. Behalwe meneer Pullen. Sy rem aan haar rok, trek dit oor haar knieë. Hierdie aansoek is kardinaal. Die kanto
Vrouekeur3 min read
Vra Vir Dr HERMANN
Ek het twee tienerdogters. Een is hipernetjies en perfeksionisties en die ander een is al die jare ’n regte slonskous. Alles tuimel uit haar kaste, skoon en vuil is deurmekaar en as jy die kamerdeur oopmaak, sien jy nie eens die bed nie. Praat, omkoo

Related Books & Audiobooks