Huisgenoot

MY WERK OM ANDER OP TE KIKKER

SELFS agter die blou-enwit masker herken ’n mens onmiddellik die vrou met die glansbruin lokke wat deur ’n erewag van eike in die Kompanjiestuin aangestap kom.

En toe sy by die tafel haar masker afhaal, veroorsaak sy omtrént ’n beroering onder die besoekers wat die somerweer geniet. Selfs die eekhorings wat eetgoed bedel, is vergete.

“Dis mos Tracey Lange daai,” hoor jy die gaste fluister. Koppe knik instemmend, en nekke rek om daardie bekende skitterwit glimlag beter te sien.

Terwyl die pragtige TV- en radioaanbieder later in opgewekte uitrustings speels vir die kamera poseer, laat haar bekende lag ’n tannie op ’n bankie twee keer kyk. “Dis mos Tracey Lange van ,” sê sy hardop en vra ’n selfie. “Ja, natuurlik,” roep Tracey (36) uitbundig. Terwyl hulle saam vir die kamera glimlag, vertel die tannie hoeveel sy Tracey se geselsprogram geniet. En ook haar aanbieding van kykNET se en haar KFM-radioprogram, .

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
’n Blok Vir Sports Op 50
DALK onthou jy nog die soort speelgoed wat jou laerskoolvriende pouses uitgehaal het. Van yo-yo’s tot albasters was deur geslagte algemeen en enigiemand kon daarmee speel. Maar daar is een speelding wat net deur ’n uitgelese groepie kinders baasgeraa

Related Books & Audiobooks