Huisgenoot

NUWELAND: VAARWEL AAN DIE ‘GROOTSE OU DAME’

OOR die roemryke geskiedenis van Suid-Afrika se oudste rugbytuiste kan ’n mens boekdele skryf. Maar elke speler wat al op Nuweland uitgedraf het, sal jou vertel: Dis die ménse wat die stadion so besonders maak.

Die stampvol paviljoene en gebrul van die ondersteuners van die Streeptruie of Bokke laat jou voel jy’s in ’n Romeinse arena van ouds. Speel jy vir die tuisspan, kry jy hoendervleis van die lekkerte. Speel jy vir die teenstanders, is dit vrek intimiderend.

Maar onlangs het die eindfluitjie ná 130 jaar van drama en glorie vir dié stadion geblaas.

Dat die tuisspan dié Curriebeker-halfeindstryd teen die Sharks verloor het, was sout in die wonde.

Vir Kapenaars was dit veral hartseer dat die laaste rugbyhoofstuk op Nuweland weens die covid-19-pandemie voor leë, stil paviljoene afgespeel het. Want sou “Weepee, jou lekka ding!” uit derdui-sende kele nie dalk vir Siya Kolisi-hulle ekstra woema gegee het nie?

Die skuif van die WP en die Stormers na die nuwe Kaapstadstadion is nou ’n werklikheid. En rugbyliefhebbers landwyd kry nat oë by die gedagte aan Nuweland wat dalk in die stofwolk van ’n beheerde inploffing kan neersyg.

Want maak nie saak vir wie jy skree nie: Nuweland is so deel van ons nasionale rugby-DNS soos biltong en gedokterde nartjies.

Hier’s ’n kykweer na die leeftyd van dié bastion en hartsplek van rugby.

SPELERS VERTEL: DÍS HOEKOM ONS DIT SAL MIS

CORNÉ KRIGE

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Ons Vriendskap Voor En Agter Die Skerms
TOE hulle hoor hulle gaan saam in ’n kortfliek verskyn, het hulle eers ’n bietjie “uitgefreak van opgewondenheid”. Dis immers iets waaroor hulle al ’n paar jaar droom, vandat hulle mekaar ontmoet het. Nou is die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Ho
Huisgenoot1 min read
’n Fiets, ’n Paar Moeë Bene En ’n Droom
WAT sal maak dat enigiemand meer as 1 500 km op ’n fiets wil rondrits? Dit klink dan soos malligheid? Vra jy egter die “Spore”-sanger, is die antwoord eintlik eenvoudig: liefdadigheid. “Hoekom op aarde sal ek van George af Mbombela toe op ’n fiets ry
Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe

Related