TEMMER VAN DIE SPITSE
OP 29 Oktober 2019, kort voor negeuur plaaslike tyd, het Nirmal Purja die kruin van Shishapangma bereik – ’n afgeleë piek in Tibet wat meer as 8 km bo seevlak uittroon.
Dit was ’n moordende klim oor rots, sneeu en ys – ’n uiterste toets vir liggaamlike en sielkundige uithouvermoë – en waar hy op die bergtop gestaan het, kon hy die son op bergreekse in die verte sien weerkaats terwyl ’n see van dik, wit wolke die res van die wêreld versluier.
Ál geluide was die wind, die sneeu wat af en toe onder voete knars en die uitasem gelukwensings tussen Nirmal – of Nims soos hy bekendstaan – en sy klein span mede-Nepalese bergklimmers.
Hy het toe pas ’n waagstuk voltooi wat hom verteer het, en wat boonop volgens talle klimmers nie menslik moontlik sou wees nie.
Al is dit op sigself ’n indrukwekkende prestasie om Shishapangma uit te klim, is dit nie wat die gewese soldaat op die kruin vier nie. Nee, hy het pas ’n nuwe spoedrekord vir die klim van die 14 hoogste pieke op aarde opgestel, oftewel elke Himalajapiek hoër as 8 000 m – van Everest (8 848 m) tot Shishapangma (8 027 m).
In 1987 het die gesoute Poolse bergklimmer Jerzy Kukuczka die rekord opgestel deur ál 14 berge binne net minder as agt jaar uit te klim. Die Suid-Koreaan Kim Chang-ho het dit in 2013 verbeter toe hy Kukuczka se rekordtyd met meer as ’n maand kon laat krimp.
Maar Nims? Sy plan was om binne net sewe maande met almal klaar te speel.
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days