Huisgenoot

ANDER ARMS WAT TROOS?

DIS die soort intieme toneel wat jy verwag om op ’n prentjiemooi dag op ’n kusdorpie langs die Kaapse Tuinroete te sien: ’n man en vrou wat aan koeldranke teug terwyl hulle die son indrink. Hul lyftaal verklap dat hulle mekaar se geselskap en die dag geniet.

Die aantreklike man lyk ontspanne in ’n ligblou T-hemp, vlootblou kortbroek en swart tekkies. Die oranje kopkous om sy nek verklap dat covid-19 steeds met ons is, al is die inperkingsreëls al sodanig versag dat hierdie kuiertjie by Hartenbos se waterfront mag plaasvind.

Haar donkerbruin hare met die byderwetse rooi punte hang los oor haar skouers. Ook haar sagte pienk serp is los om haar nek gedraai sodat hulle kan gesels.

Sy lyk sorgeloos op dié lentedag in haar wit T-hemp, swart kruisband-minirokkie en silwer sandal

Terwyl die twee oënskynlik gemaklik met mekaar in gesprek is, lyk hulle salig onbewus van nuuskierige oë, al is dit vandag sti

Die seefront met sy restaurante, mini-gholfbaan, waterpark en winkeltjies is immers nie so bedrywig soos dit normaalweg sou wees nie. Hartenbos ontwaak nog uit die streng regulasies van die inperking.

Maar iemand anders wat die sonnige dag in die buitelug geniet, herken die man.

Kan dit wees dat dié man, wie se verdriet oor sy vrou en kinders se tragiese waterdood die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot6 min read
Menings Oor Stories Op Huisgenoot.com
Hy gaan op 72 deur ’n rowwe tyd weens rugbeserings, sê Leon Schuster. Maar hy maak grappies deur die pyn – en hy gáán nog sy droomfliek maak My prins, ek love jou en bid vir jou. Wees sterk my ou en beweeg, staan op, beweeg. My liewe grapjas, hou net
Huisgenoot6 min read
Tuindoepa
ALLES is in skakerings van groen. Swartgroen struike groei welig in die skadu van die fluoressente geelgroen koorsboom. ’n Groepie unieke blougroen broodbome word deur olyfgroen siergras omsoom. Eenkant groei die skoonma-se-tong. Geharde blaartonge k
Huisgenoot2 min read
Babanuus
NÁ WEKE van bespiegeling het JUSTIN en HAILEYBIEBER eindelik die aap uit die mou gelaat – daar’s ’n kleinding op pad. Die egpaar het die nuus met ’n videogreep en foto’s op Instagram gedeel. Die aankondiging het hul aanhangers gaande gehad, want geru

Related