Kuier

Liefde VIR LYNETTE!

Wanneer ’n mens na Lynette Francis kyk wanneer sy die Afrikaanse nuus op SABC2 lees; haar radioprogram, Praat Saam, op RSG aanbied of Woensdagaande brandende kwessies op Fokus op SABC2 aanpak, sien jy net ’n ernstige no-nonsense joernalis wat op soek is na antwoorde en nie gaan rus voor sy dit kry nie.

Maar die Lynette wat met Kuier gesels het vir hierdie onderhoud, is iemand heel anders. Sy is sag, moederlik en gesels met ’n deernis en teerheid wat haar geliefdes die voorreg het om elke dag te ervaar. En o, sy lag graag, maklik, baie en kliphard!

Dis ’n kant van Lynette wat nog altyd daar was, maar wat sy nie sommer vir die res van die wêreld wys nie omdat sy haar privaat lewe so ver moontlik privaat wil hou. Hieroor waak sy soos ’n leeuwyfie oor haar welpies omdat sy haar privaat en openbare personas duidelik wil skei.

Maar vir die eerste keer maak sy die deur na haar hartskamer vir Kuier oop om ons en die res van Suid-Afrika deel te maak van háár intiemste oomblik toe sy onlangs op 50 met die man van haar drome, Ashley Puren (49), getrou het. Sy doen dit omdat sy weet Suid-Afrikaners en mense wêreldwyd is in ’n wurggreep van angs en paniek vasgevang weens die corona-virus en die verwoesting wat dit wêreldwyd saai. Sy en Ashley deel hul storie omdat hulle mense hoop wil gee en hulle

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier6 min read
Dit Reën Sonblomme
Dit reën steeds in die Kaap. Nie nat of grys-en-blou nie, maar kaboutergeel. Die spatsels kanola slaan Rika se asem weg. Lente is in die lug. Haar binneste broei. Geel gedagtes. Bloeisels. Blomme. Bye. Brink. Hy kom vandag. Of só het sy gehoor. En va
Kuier4 min read
Wat Die Hart Van Vol Is
Net voor ek moes skool toe gaan het dokters en familie gesê dis beter as ek na ‘n spesiale as ‘n hoofstroomskool gaan weens breinbeserings wat ek in ‘n motorongeluk opgedoen het. Ek was net twee jaar oud en die skade het my linkerkant verlam. Maar my
Kuier5 min read
‘N Kop Vir Besigheid
Op social media kan jy dié girl met die pienk outfits en blonde hare nie miskyk nie. Sy is die Kapenaar Kayla Kim Meiring, oftewel Kayla im Kay, en sy trek nie net die aandag aanlyn as'n influencer nie, sy is ook, soos een website haar al beskryf het

Related