Huisgenoot

BRIEWE OP MY TROUROK

MEER as drie dekades gelede moes hul romanse ’n digbewaarde geheim bly, nes die liefdesbriewe wat sy deur die jare gehou en diep weggebêre het.

Maar vandag kan Lynette Francis-Puren haar hart letterlik op haar mou dra, want aanhalings uit daardie einste briewe is in ougoud op haar trourok van naaswit satyn gedruk.

Die bekende joernalis, omroeper en TV-aanbieder straal in die skepping wat die storie van haar en Ashley Puren se eens verbode liefde vertel toe sy haar bruidegom op die maat van vioolklanke tegemoetstap. Hy wag haar in onder ’n Joodse chuppah buite die Suikerbossierestaurant met sy prentjiemooi uitsig oor Houtbaai.

Dit is die tweede keer dat Lynette (52) en Ashley (51) ewige trou aan mekaar beloof, want presies twee jaar gelede – op 20 Maart 2020 – is hulle in Kampsbaai, Kaapstad, voor ’n huweliksbevestiger getroud, met net twee goeie vriende as getuies. Hulle het dié intieme weglooptroue inderhaas gereël toe die pandemie en streng inperking hul planne vir ’n sprokiestroue later daardie maand in die wiele gery het.

Vandag, op hul tweede huweliksviering, kan hulle eindelik hul droomtroue hou nadat die troudatum vier keer weens die virus en sy variante uitgestel moes word. Die viering saam met

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Bianca Terblanche Oor Harry De Villiers
DIT was nie liefde met die eerste oogopslag nie. Allesbehalwe. Ek het ’n ander ou gedate toe ek vir Harry ontmoet het. Hy was amper 10 jaar ouer as ek. Ek en sy broer was saam op skool op Aliwal-Noord. Ons paaie het in 2015 die eerste keer gekruis. E
Huisgenoot8 min read
Die Klank Van Sy Lewe
ELTON John het in 1987 ’n keeloperasie gehad wat sy stem verander het. Rod Stewart het in 2000 gehoor hy het skildklierkanker en kon nege maande lank nie sing nie. Luciano Pavarotti het groeisels aan sy stembande gekry omdat hy aan die begin van sy l
Huisgenoot4 min read
Hoekom Grom My Maag Soms?
‘WAT dink julle van dié een?” vra Bibi en hou ’n geel top met kolle in die lug. Sy is besig om deur ’n klomp klere te gaan sodat sy kan besluit watter klere sy moet hou en watter klere sy moet uitgooi. “Mal daaroor. Jy lyk baie mooi in geel, so ek di

Related