WEER VRY NÁ DIE BOS
DIT was asof dit oornag gebeur het. Een oggend, net so meer as sewe jaar gelede, het ’n onvergenoegdheid binne haar kom vasskop. Sy het skielik ophou glimlag; haar vurige lewenslus was weg. Dit het gevoel asof sy haarself verloor.
“Ek was uitgebrand. Finished. Ek was nie meer lus vir die lewe nie,” erken die aktrise Michelle Botes vandag.
Skielik was dit asof die gewoel van die Goudstad haar smoor – die einste stad waaruit sy soveel jare vreugde geput het. En sy kon dit nie peil nie. Sy het tog alles gehad waaroor sy ooit kon droom: ’n roemryke loopbaan vol hoogtepunte, ’n “uber-luukse” woonstel in die gesogte buurt Killarney, twee mooi kinders.
Maar tog was dit asof daar ’n sluier van troosteloosheid oor haar lewe getrek was. Sy was wroegend en weemoedig, en op daardie einste oggend het alles net te veel geword.
n Mens word vasgevang in die malende kolk van die lewe,” filosofeer Michelle (58) amper melancholies. “En dis seker hoe dit moet wees, ten minste vir ’n tyd lank. Jy ry die een golf ná die ander. Jou lewe is ’n hoëspoedjaagtog, ’n aanhoudende een. Jy ignoreer die slae van die lewe en die konstante moegheid. Dan tref dit jou wanneer jy dit die minste verwag: Jy kan nie meer nie.”
En dan, met daardie einste gravitas waarmee sy ikoniese vertolk het, sê sy: “Ek was moeg: fisiek, emosioneel en spiritueel.”
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days