KOS VIR ’N DIKTATOR
EK HET jare gelede ’n fliek deur die Slowaaks-Hongaarse regisseur Péter Kerekes getiteld Cooking History gesien. Dit gaan oor weermagsjefs, onder wie Branko Trbovic, die persoonlike sjef van maarskalk Josip Broz Tito, die alleenheerser van Joego-Slawië.
Hy was die eerste sjef van ’n diktator wat ek teëgekom het. Toe kry ek ’n idee. Ek het begin wonder wat die mense sou sê wat tydens sleuteloomblikke in die geskiedenis agter die kospotte was.
Wat het in die kastrolle geprut terwyl die wêreld se lot in die weegskaal was? Wat het Saddam Hoesein geëet nadat hy opdrag gegee het dat tienduisende Koerde vergas moes word? Het hy nie maagpyn gekry nie? En wat het Pol Pot geëet terwyl byna 2 miljoen Kambodjane van honger sterf?
Wie van hulle het van sterk gegeurde kos gehou en wie het matige kos verkies? Wie het baie geëet, en wie het net aan sy kos gepik? En les bes, het die kos wat hulle geëet het enige uitwerking op hul beleid gehad?
Toe gaan soek ek dwarsoor vier vastelande – van ’n gehuggie in die Keniaanse savanna en die ruïnes van antieke Babilon tot die Kambodjaanse oerwoud – na die wêreld se ongewoonste sjefs.
Party het nooit van die trauma herstel om vir iemand te werk wat hulle enige oomblik kon laat vermoor nie. Party het hul regime lojaal gedien en weier vandag nog om hul geheime te verklap. En party wil bloot nie
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days