Huisgenoot

HOLLYWOODRAAISEL

AS SY haar storie goed wil vertel, het Natasha Gregson Wagner geweet een man se getuienis sou bowenal saak maak. Maar ná ’n ure lange gesprek voor die kameras in haar huis in Los Angeles het die inligting wat sy nodig gehad het nog ontbreek.

Daardie man is die akteur Robert Wagner, die man wat sy vandat sy kon onthou “Daddy Wagner” genoem het, die man wat op 90 haar steeds elke dag bel en wat sedert sy 11 was, geteister word deur bewerings dat hy op ’n verskriklike aand 39 jaar gelede woedend en besope haar ma, die aktrise Natalie Wood, aan die kus van Suid-Kalifornië vermoor het.

Jare lank het Natasha (49) weggeskram van die bewerings teen haar stiefpa, selfs toe dit met hernude openbare belangstelling en die heropening van die polisieondersoek duidelik word ander is nie so oortuig van sy onskuld soos sy nie.

Dat sy self nou ’n ouer is, het tot haar besluit bygedra om standpunt in te neem. “Om my dogter se onthalwe wil ek die nalatenskap van my ma se loopbaan en die gissings oor haar dood opklaar. Ek wil nie hê daardie las moet op my dogter se skouers val nie,” sê sy.

Daarom het sy die vervaardiger en aanbieder van ’n nuwe HBO- dokumentêre rolprent, Natalie Wood: What Remains Behind, geword.

“Ek het ’n narratief van my pa en my ma en die aand toe sy dood is wat nie dieselfde narratief is waaroor baie ander mense al gedink het nie,” sê sy uit haar 100 jaar oue houthuis

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot1 min read
Span Jou Mikrogolfoond In Vir Meer
Voor jy uie begin kap, sny die punte weerskante af en plaas dit 30 sekondes in die mikrogolfoond. Dit haal die brand uit die sap en keer dat die trane sal loop wanneer jy dit sny. Knoffel sal makliker skil as jy die hele knol 15 sekondes in die mikro

Related