DIE STEM VAN DIE DOOIES
SJOE, is jy ’n forensiese patoloog? Soos in CSI? Dit moet só interessant wees! Maar raak jy nie depressief nie?”
Dis die tipiese reaksie wanneer iemand my die eerste keer ontmoet en uitvind wat ek doen. Ek weet nooit wat die beste manier is om daarop te reageer nie. Moet ek my werk romantiseer en met hul fantasieë saamspeel? Of vir hulle die koue, naakte feite gee?
Die vrae hou nie daar op nie. By partytjies of ’n braai bly mense gewoonlik om my rondhang op soek na al die vreemde besonderhede. Die eerste vraag wat hulle gewoonlik vra, is: “Wat is die interessantste ding wat jy al gesien het?”
In hierdie stadium gooi ek wal en sê: “Ek vind nie ander mense se onnatuurlike sterftes interessant nie!”
Elkeen van die onnatuurlike sterftes waarmee ek te doen kry verteenwoordig immers ’n tragedie in iemand se lewe. Maar as jy my sou vra wat die ongewoonste of vreemdste ding is wat ek al gesien het, sal ek waarskynlik die storie oor die reuserot vertel.
Eendag kom daar ’n liggaam by die lykhuis aan. Dit is in ’n metaalkis verseël wat op sy beurt in ’n houtkis geplaas is en met staalskroewe vasgemaak is. Die metaalkis is
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days