SARIE

MY PAD MET VERSLAWING ‘Ek was die sleutel tot my herstel’

Drink net een glasie wyn, het ’n vriend Hannelie de Wet op ’n partytjie aangemoedig. Sy was toe in graad tien. Min het die predikantsdogter daardie aand geweet sy sou op 45 ’n alkoholis wees.

Vandag is Hannelie, ná jare van hel vir haar en haar gesin, reeds tien jaar “skoon”. Tog, eenmaal ’n alkoholis, altyd een.

“Die enigste manier waarop ek hierdie siekte op ’n afstand kan bly hou, is om nooit weer ’n druppel drank te neem nie. Nie eens in kos nie.

“Daardie aand, ná daardie een glas, was ek die gees van die partytjie. Sorgeloos en vol bravade. Ek het gevoel ek wou soos ’n nar op tafels dans. Ek het besef drank kan my kitsoplossing wees vir die leë, donker gevoel, vir die magneet wat my gemoed afgetrek het.”

Jare later eers sou Hannelie vasstel daardie swaarte in haar binneste, soms afgewissel deur gevoelens van euforie, was bipolêre gemoedstoornis. “In my geval is albei siektes, bipolariteit en alkoholisme, geneties.”

In haar verdere

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE4 min read
Dubbel So Lekker
Hier kombineer ons Britse pondkoek met klassieke krummelpoeding. Jy kan ook die koek voorsit met vanieljevla vir ’n ander geur. genoeg vir een 18 cm-broodjie KRUMMELLAAG ■ 50 g (60 ml) strooisuiker■ 70 g (125 ml) koekmeel■ 115 g (125 ml) koue bo
SARIE3 min read
Luuks
Daar is iets bekorends aan die aand wanneer die son sak en die hemelruim met stadsliggies en sterre verlig word. Met Chanel se Rouge Allure Velvet Nuit Blanche-lipstiffie (R1 075) in jou handsak, kan jy glansryk op jou aandafspraak gaan. Waag met ’n
SARIE2 min read
Hulle't Ja Gesê! TOP 35
Hulle’t ja gesê vir ’n kans om SARIE se veertiende Voorbladgesig-wenner te word. Ja! om die kroon te dra as SARIE se vyfde Nuwe Gesig. Oor sewe dekades het SARIE nog altyd gespog met voorblaaie wat iets sê van die wêreld waarin ons leef en die vroue

Related