JAN-VAN-ALLES
WAAR jy ook al op sy familieplaas naby Riversdal kyk, is dit prentjiemooi. Uit enige hoek sou jy ’n asemrowende foto kon neem.
Vir die sanger en TV-aanbieder Willem Botha is dit die mooiste plek in die wêreld, want hy het nie net ’n oor vir musiek nie; hy beskik ook oor ’n baie goeie oog.
Sy foto’s van medesangers en -akteurs het al op talle tydskrifvoorblaaie gepryk. Vandeesmaand is dit juis een van sy foto’s van die akteurspaar Donnalee Roberts en Ivan Botha wat op die voorblad van die tydskrif Sarie verskyn.
“Ek dink ek kan mense op hul gemak stel omdat ek self so baie voor die kamera se lens is. Ek weet hoe onnatuurlik ’n fotosessie kan wees. Dis belangrik om te hê met so ’n,” vertel Willem oor sy stokperdjie wat ’n werk geword het.
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days