Huisgenoot

DAG VIR DAG: MY STRYD MET COVID-19

SY WAS die enigste een wat die huis verlaat het, en dit was net om kruideniersware te koop. Sy het getrou haar masker opgesit, haar hande gereeld gewas, haar klere dadelik in die wasmasjien gegooi wanneer sy terugkom en haar huis van voor tot agter skoongemaak. Sy en haar gesin het die coronaviruspandemie baie ernstig opgeneem. Niemand het ’n voet by die deur uit gesit nie, en selfs hul familie wat om die draai woon, het hulle maande laas gesien.

Nogtans het die jong musikant van Kaapstad positief getoets vir die coronavirus. Die nuus het haar soos ’n vuishou in die maag getref en die virus het haar longe, bors en asemhaling erg aangetas. Terwyl Leigh-Ann Hellaby (33) met ons oor die foon praat, onderbreek sy af en toe die gesprek met ’n gehoes.

“Ek moes ’n ekstra week neem om te rus, maar ek het steeds nie herstel nie. Gister het ek glad nie gehoes nie en vandag hoes ek heeltyd. Dis op en af,” sê sy.

Tog is sy uit haar vel van opgewondenheid oor sy weer haar man, Blake (30), en hul seuntjie, Daniel (5), in haar arms kan vashou sonder die vrees om hulle aan te steek. Wanneer sy egter weer op ’n verhoog kan staan en sing, weet sy nie.

Ek weet nie wat die virus aan my lyf gedoen het nie. Wanneer ek passievol oor iets praat, dan verloor ek my asem.”

Sy doen nou gereeld asemhalingsoefeninge en vat dit een dag op ’n slag.

Leigh-Ann het dagboek gehou van haar uitmergelende reis met van die fisieke en emosionele uitputting wat sy verduur het terwyl sy die virus meer as twee weke lank in haar huis in die suidelike voorstede van Kaapstad moes beveg.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Die Von Trapps? Nee, Die Van Biljons
PETORIA is dalk ver van die sneeubedekte pieke van Oostenryk, maar moenie verbaas wees as jy hier ’n ma, pa en rits singende kinders, nes die Von Trapps uit The Sound of Music, teëkom nie. Een gesin, vier kinders, en ’n klomp optredes op nasionale en
Huisgenoot1 min read
Vyf Kitsfeite Oor Majozi
1 “Ek is ’n koffiesnob, en jy kan met my toor as jy vir my ’n goeie pour-overkoffie maak.” 2 “My grootste guilty pleasure is ’n lekker soet pasteis de nata – die Portugese vla-tertjie.” 3 Hy is lief vir boks, en as hy nie op toer is of besig met musi
Huisgenoot4 min read
Suidoosterfees: Kultuur In Die Kaap
Niks soos ’n bietjie humor om jou maagspiere te oefen nie! Die immergewilde FRANK OPPERMAN het oud en jonk laat skater met sy eenmanstuk. Hierin word die reünie van die Hoërskool Totius se 1980-matriekgroep gehou, en elke klasmaat kry ’n beurt agter

Related