Idees

GROEN IS GOED

Die behoefte om van kop tot tone ‘groener’ te leef, te eet, te reis en huis te versier sal volgens alle vooruitskouings ná die Covid-19-krisis net groter wees.

Groen skoonheid is ’n groeiende trend. Dit hou langtermynvoordele in vir jou gesondheid én die omgewing. Voorheen het talle skoonheidsprodukte toksiese bestanddele bevat, maar verbruikers wil nou niks meer weet daarvan nie. En groot internasionale kosmetiekhuise soos L’Oréal, Estée Lauder en Procter & Gamble het kennis geneem.

GROEN ‘GROEI’ GELD

Groen skoonheid sal na raming teen 2024 met tot $22 biljoen (sowat R400 biljoen) groei. Dit sluit in velsorg, haarsorg, lyfsorg, grimering en parfuum. Die velsorg-segment beslaan meer as 30% hiervan, gevolg deur haarsorg.

Verbruikers soek ‘skoon’ en gesonde produkte, ja, maar laat hulle nie bluf deur ’n etiket wat bloot ‘natuurlik’ sê nie. Hulle eis dat produkte volhoubaar is en nie ekostelsels opdons nie. Bestanddele moet eties bekom word, die produksie moet suinig werk met water en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees1 min read
Pere In Skilferkorsdeeg
Maak: 12 Bereidingstyd: 1 uur Gaarmaaktyd: 20 minute Oondtemperatuur: 190 ºC ♥ 80 ml fyngekapte geroosterde amandels ♥ 50 ml suiker ♥ 2 ml fyn kaneel ♥ 6 klein, ryp pere ♥ 400 g gekoopte bevrore skilferkorsdeeg, ontdooi ♥ versiersuiker, om oor te sif
Idees6 min read
Hang Uit!
Hierdie lieflike koek is niks anders nie as 'n reuse-toebroodjie gemaak van brood en lae geurige sout bestanddele. Dit is baie maklik om op te tower en gaan beslis die tonge laat klap. Genoeg vir: 10-12 Bereidingstyd: 45 minute, plus yskastyd ♥ 1 ron
Idees1 min read
Kleirose
MOEILIKHEIDSGRAAD: gemiddeld TYD: 10-15 minute (droogtyd uitgesluit) ♥ wit polimeerklei (ons het Fimo gebruik) ♥ silikoon-fondantvorm (ons het 'n roosvorm gebruik) ♥ spuitverf in die kleur van jou keuse ♥ rolstok

Related