Huisgenoot

1 JAAR OUD – EN HARRY UITGEKNIP

’N SUIKERVRYE verjaardagkoek wat hy met sy klein vuiste kon bydam, ’n gebaljaar om die swembad saam met die honde en Zoom-geselsies met sy nefies en niggie in Engeland. So het klein Archie Harrison Mountbatten-Windsor waarskynlik sy eerste verjaardag deurgebring in die glinsterstad van glansmense waar sy ouers nesgeskop het.

En die res van ons? Wel, ons kon kyk hoe sy ma vir hom ’n storie lees – oftewel probeer lees. Maar Archie is ’n tipiese eenjarige. Die spruit van moontlik die beroemdste egpaar op aarde is in dié stadium min gepla oor afkoms of etiket.

Al wat vir hom saak maak, is dat hy kan doen wat hy wil – en net omdat miljoene mense op Instagram kyk terwyl Mamma die bladsye van Duck! Rabbit! omblaai, beteken dit nie hy moet luister nie. Of net in dáái boek belangstel nie.

Ons het sedert sy geboorte nog nie veel van Harry en Meghan, die uitgetrede hertog en hertogin van Sussex, se kleinman gesien nie; daarom is elke glimp van hom ’n bederf. ’n Verjaardagvideo wat die trotse pa geskiet het, het ons sommer heelwat meer van Archie gewys. Aan die einde van die opname beloon hy Harry met iets wat klink soos “da-da”.

Die oulike greep het aanhangers die ooreenkoms tussen Archie en sy pa op dieselfde ouderdom laat opmerk.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot1 min read
Span Jou Mikrogolfoond In Vir Meer
Voor jy uie begin kap, sny die punte weerskante af en plaas dit 30 sekondes in die mikrogolfoond. Dit haal die brand uit die sap en keer dat die trane sal loop wanneer jy dit sny. Knoffel sal makliker skil as jy die hele knol 15 sekondes in die mikro

Related Books & Audiobooks