HOORT BABA IN JOU BED?
“Eintlik kan ek nie eens onthou wanneer ons dogtertjie in ons bed beland het nie,” vertel die Pretoriase ma Nina van Rensburg.
“Sy was ’n slegte slaper en een aand het ek haar uit pure moedeloosheid langs my in die bed getel. Ek kon eenvoudig nie nog een keer opstaan en na haar bedjie strompel nie. Sy het daardie nag geslaap soos ’n baba moet.
“Die volgende aand het ek dit weer beproef en toe ek weer sien, het ons ’n permanente bedmaatjie en ek minder donker kringe onder my oë!”
Met dié was die koeël deur die kerk en die Van Rensburgs se groot dubbelbed het die spreekwoordelike kermisbed geword.
Gesinsbeddens is taamlik omstrede en almal het ’n mening daaroor: swanger vroue, nuwe ma’s, gesoute ouers, en – kan jy maar weet
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days