Baba & Kleuter

Kon ons gaan slaap

‘Eintlik kan ek nie eens onthou wanneer ons dogtertjie in ons bed beland het nie. Sy was ’n slegte slaper en een aand het ek haar uit pure moedeloosheid langs my in die bed gesit. Ek kon eenvoudig nie nog een keer opstaan en na haar bedjie loop nie. Sy het daardie aand geslaap soos ’n baba moet.

“Ek het dit die volgende aand weer probeer en toe ek weer sien, het ons ’n permanente bedmaatjie en ek minder donker kringe onder my oë!” vertel Annie Marais van Pretoria.

Met dié was die koeël deur die kerk en die Marais se groot dubbelbed het ’n spreekwoordelike kermisbed geword.

Gesinsbeddens is taamlik omstrede en almal het ’n mening daaroor: swanger vroue, nuwe ma’s, gesoute ouers, en – kan jy maar weet – jou ma, skoonma, tante, ouma en al hul vriendinne ook.

Vra jy raad oor dié kwessie is almal kenners en word hulle in drie duidelike kampe verdeel: absoluut, geensins en miskien.

Suster Lilian is een van Suid-Afrika se voorste babasorgkenners en ’n vurige voorstander van die gesinsbed. Sy sê dis ’n realistiese opsie omdat dit vir

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Baba & Kleuter

Baba & Kleuter2 min read
Die Interessantse Pad
Omdat my kinders groot en elk al met een been uit die huis is, vra mense my soms of ek nie moeg is vir skryf oor swangerskap, babas en kinders nie. Die antwoord is nee. Dis dan die belangrikste onderwerp op aarde: nuwe lewe en al die omwentelinge wat
Baba & Kleuter7 min read
Klasdraf Voor Baba Kom
Hoe beter jy voor die geboorte van jou baba ingelig is, hoe groter is die kans dat jou bevalling glad sal verloop. Tog woon net vyf persent van Suid-Afrikaanse ouers ooit voorgeboorteklasse by, sê Lynne Bluff, nasionale koördineerder van die Professi
Baba & Kleuter1 min read
Eetklei, Speelklei
■ 250 ml (1 k) hawermout■ 125 ml (½ k) meel■ 125 ml (½ k) water 1. Meng die hawermout en meel saam en voeg die water bietjie vir bietjie by tot jy gelukkig is met die dikte en tekstuur. Jy kan meer of ’n bietjie minder water nodig hê. Voeg nog meel

Related