Baba & Kleuter

OP SOEK NA SLAAP

Slaap is die kragbron van ’n wakker en kalm verstand. ’n Gebrek aan slaap takel jou immuniteit, jou seksdrang, jou denkprosesse en emosionele aanpasbaarheid af, skryf Ann Richardson en Megan Faure in hul boek Slaap, kindjie, slaap (Metz Press).

Ook babas en kinders ly: Min slaap kan hulle klouerig, krapperig en geneig tot woedebuie maak. Hulle kan dit moeilik vind om hulle self te kalmeer en dit tas uiteindelik hul leervermoë aan.

Genoeg slaap is nie ’n luukse nie, dis ’n noodsaaklikheid. Maar minder slaap is onvermydelik met ’n baba in die huis – wanneer word dit dan ’n probleem?

“Wanneer ’n gesonde kind ná ses maande steeds nie ’n goeie nag se slaap inkry en nie doeltreffende dagslapies het nie,” sê die slaapkenner dr. Alison Bentley van die Universiteit van die Witwatersrand se slaaplaboratorium. “Ouers beskou dit dalk nie as ’n probleem nie, maar die een of ander tyd word

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Baba & Kleuter

Baba & Kleuter1 min read
Inkopies Vir Baba
As jy in die mark is vir ’n nuwe kinderoppasser en jy weet nie waar om te begin nie, is hierdie boek ’n moet. Lara Schoenfeld is op ’n missie om werkende ouers en kinderoppassers te help om saam te werk sodat die kleingoed gelukkig en gestimuleer bly
Baba & Kleuter3 min read
MYNE! Myne!
Sunette du Plessis van Olivedale in Johannesburg weet nie meer watter kant toe nie, want klein Matt (3) weier om met sy boetie, Josh (1), te deel. “Ek het al alles probeer. Ek het mooigepraat, sy handjie gewiks, uitsittyd probeer ... Niks werk nie. I
Baba & Kleuter2 min read
Eers Gevries, En Toe Vroeg!
Cameron het ons almal verras deur vroeg op te daag. Ek was nog veronderstel om die dag by die werk te wees! Die plan was om met my dag se werk klaar te maak en dan ’n oorhandiging te doen aan ’n kollega, maar dit het nooit gebeur nie, want teen vyfuu

Related