Die brein is allermins afgeskakel wanneer jou baba slaap. Hierdie ure van rus is wanneer daar fluks geliasseer word aan die hele vorige wakker tyd se gebeure en ervaringe.
En onthou, vir ’n baba is die wêreld volkome nuut en stimulerend – en soms oorweldigend. Daar is baie wat so ’n klein mensie moet verwerk.
Terwyl ons slaap, word verskeie hormone soos groeihormone, testosteroon, melatonien en prolaktien, asook serotonien afgeskei. Die werk wat al hierdie stowwe in die liggaam verrig, help jou kind se lyf om te groei en te ontwikkel. Dit ondersteun geheue, metabolisme en ’n stabiele gemoed.
Navorsing wys die bloedvloei na ’n baba se brein verdubbel in die aktiewe slaapstadium. Self hul hare, naels en vel groei en herstel tydens slaap. Alles van jou baba se spiere tot hul skelet ontwikkel terwyl hulle slaap. Dit is dus baie belangrik dat hulle so min slaapprobleme moontlik het. Slaap is goed vir babas en noodsaaklik