Baba & Kleuter

KLASDRAF VOOR BABA KOM

Hoe beter jy voor die geboorte van jou baba ingelig is, hoe groter is die kans dat jou bevalling glad sal verloop.

Tog woon net vyf persent van Suid-Afrikaanse ouers ooit voorgeboorteklasse by, sê Lynne Bluff, nasionale koördineerder van die Professionele Forum vir Kindergeboorte-opvoeders.

Navorsing het al oor en oor die voordele van voorgeboortelike opvoeding bewys, sê sy. Dit verlaag jou stres en gee jou selfvertroue ’n hupstoot voor, tydens, en ná die geboorte. Jy weet meer van babasorg, het ’n beter kans op suksesvolle borsvoeding en die gevaar dat jy nageboortelike depressie sal opdoen, is kleiner.

Voorgeboorteklasse verhoog ook pa’s se betrokkenheid.

JY IS MEER IN BEHEER

Voorgeboorteklasse verander ouers van passiewe ontvangers van gesondheidsorg in aktiewe deelnemers aan die besluitnemingsproses, sê Hettie Grové van die Grove Academy of Health Education. Hettie is ’n verpleegkundige en laktasiekonsultant en bied sedert 1988 al voorgeboorteklasse aan.

“Sodra ’n mens weet wat om te verwag, verdwyn jou vrees vir die onbekende. Jy voel meer in beheer en jou ervaring is outomaties meer positief.”

As jy jou storie ken, gaan jy ook vir die mediese personeel die regte vrae kan vra, meen Christél Jordaan,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Baba & Kleuter

Baba & Kleuter2 min read
V & A MES & VURK
E-pos jou vrae aan SHARING@YPBMAGAZINE.COM Vrae kan ongelukkig nie persoonlik beantwoord word nie. My dogtertjie is drie en ’n half jaar oud. Moet sy al met ’n mes en vurk kan eet? Sy sukkel nogal en ek sien sy raak dan gefrustreerd en vat somm
Baba & Kleuter1 min read
Eetklei, Speelklei
■ 250 ml (1 k) hawermout■ 125 ml (½ k) meel■ 125 ml (½ k) water 1. Meng die hawermout en meel saam en voeg die water bietjie vir bietjie by tot jy gelukkig is met die dikte en tekstuur. Jy kan meer of ’n bietjie minder water nodig hê. Voeg nog meel
Baba & Kleuter1 min read
Baba & Kleuter
UITGEWER EN REDAKTEUR Helen Schöer – editorypb@ypbmagazine.comKUNSREDAKTEUR Charné Casey– charne.casey@babaenkleuter.co.zaTEKSREDAKTEUR Joan van Zyl – vanzyl@icon.co.zaLEEFSTYLREDAKTEUR Elaine Schoeman – elaine.schoeman@media24.comMEDEWERKERS Lucia P

Related