Weg!

TAKEL SUID-AMERIKA SE GROTE

My ouers, Gene en Poppie, het my al as klein tjokkertjie van vier of vyf jaar oud saamgesleep Drakensberg toe. Ná skool op Nelspruit (nou Mbombela) het ek ’n paar maande as ’n kelner gewerk om Afrika se hoogste spits, berg Kilimandjaro, in Tanzanië te klim. Dié klimtog was ’n wonder-like ervaring en ek het daarvan begin droom om die hoogste spitse op die sewe vastelande, bekend as die Seven Summits, te klim.

Teen 6 960 m is berg Aconcagua in Argentinië naas berg Everest die hoogste van dié sewe. Hulle sê as jy berg Aconcagua met gemak kan klim, jy Everest sal kan tem.

En omdat berg Aconcagua nie ’n “tegniese” klim is nie, kan jy dit alleen doen, dus sonder ’n ekspedisie-agentskap. Dit het my gepas, want ek’s mal daaroor om die wildernis manalleen in te vaar!

DAG 1 Confluencia-kamp

Ná drie vlugte en ’n busrit of twee klim ek af by die hek van die Aconcagua- provinsiale park.

Hier is talle dagroetes in dié park. Berg Aconcagua staan onverbiddelik in die verte. Die omgewing is dor, maar die gesmelte ys van twee

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Stap Hier
In die Langeberg buite Swellendam hou die sogenaamde uurkoppe oor die dorp wag. Dié vier prominente kruine – Tienuur-, Elfuur-, Twaalf- en Eenuurkop – reik almal tussen 1 100 m en 1 450 m die lug in. Volgens oorlewering het transportryers wat met vra
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en
Weg12 min read
Ver In Die Wêreld
Party mense glo in liefde met die eerste oogopslag, maar dit is nie juis die geval met St. Helena-eiland nie. Dis ’n vulkaniese knoets in die middel van die wye Atlantiese Oseaan, skaars 16 km lank en 8 km breed. “Dis nie ’n aantreklike plek nie. Dit

Related