Ek en die Draak
Toe ek ’n baba was – ek was nog nie eens ’n jaar oud nie – het my ouers, Rita en Tom, my saamgevat op ’n staptog in die Drakensberg.
Ons het oornag in die Bannerman-hut in die Giant’s Castle-natuurreservaat. Iewers is ook ’n baie interessante foto van ’n toegesneeude tent wat sowat nege maande voor my geboorte geneem is...
My ouers noem my “the Berg Rat”, en dié berg het nog altyd vir my na ’n tuiste gevoel. Ek gaan stap twee tot drie keer elke jaar daar.
Ek het in Maart 2015 die eerste keer tot boop Cathedral Peak geklim. Dis 20 km (heen en weer) tot bo en jy styg met meer as 1500 m. Ons het dit in ’n dag gestap. Dié foto is sowat halfpad na Orange Peel Gap geneem. Sedertdien was ek al twee keer weer by Cathedral Peak.
In Februarie 2018 kon ons nie die kruin haal nie – ’n donderstorm het ons verjaag. Ons was wel in September daai jaar op die kruin met die Cathedral Peak Challenge – ’n veldwedloop.
Die Drakensberg is ongeëwenaar – die terrein is epies en jy ontsnap ten volle van die samelewing. Hier het jy ’noormaat sterre, vars lug en water, én uitsigte.
Ek glo ’n mens moet tyd deurbring op plekke waar jy goed voel oor die lewe; en die Drakensberg is só ’n plek.
Ek stap graag saam met my meisie, Kerry Lowe (foto links), en vriende Chris Grose en Nick Schwenke.
Chris, Nick en ek het ’n projek genaamd Wayward South Africa – ons reël staptogte vir mense landwyd.
Wie is ’n goeie stapmaat? Iemand wat die buitelewe geniet, selfonderhoudend is, verantwoordelikheid neem vir hulle veiligheid, bewus is van die mense om hulle én die omgewing bewaar.
Gaan na waywardsouthafrica.com; @wayward_ south_africa
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days