IN DIE LYF VAN ’N OU MENS
‘Hulle wou hê die jong ontwerpers moes self drie dinge ervaar: die wrywing, die moegheid en die frustrasie wat ouer volwassenes beleef’
MY KOP rem vorentoe en my lyf is styf en swaar asof ek ’n las dra. Ek is onseker oor wat agter en om my is; dit maak my angstig. Toe ek gaan sit, voel-voel ek agtertoe na die stoel. Opstaan is moeilik.
Ek is in ’n navorsingslaboratorium in Boston, Amerika, in ’n wit pakhuisruimte, maar vir iemand in my toestand lyk alles wasig, ongelyk en geel.
“Dis nog nie wettiglik blind nie,” sê ’n stem regs van my.
Ek probeer my kop draai, maar dis moeilik.
“Dis net swak sig,” voeg die stem by.
Dis Joseph Coughlin, direkteur van die Massachusetts-instituut van Tegnologie se AgeLab. Dit is gestig om die mensdom op die groot gawe van oudword te help voorberei. Hy is ’n stewige, opgewekte soort ou met ’n helderkleurige strikdas wat hy by ’n donker baadjie en helderblou langbroek dra. Sy gesig kan ek nie eintlik sien nie.
Ek dra ’n kontrepsie wat jou na bejaardheid verplaas. Dit word die Age Gain Now Empathy System, kortom Agnes, genoem. Joseph is ingenome met die naam, want dit klink soos dié van ’n gawe, ou dame.
“Ek is ’n voormalige kontrakteur vir verdediging en vir die Amerikaanse departement van vervoer,” verduidelik hy. “Ek hou van akronieme.”
Joseph het met die idee vir Agnes vorendag gekom. Daarna het die Age-Lab-span dit vir ontwerpers by die Daimler-maatskappy ontwikkel wat die interieur
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days