Huisgenoot

IS GROTER REGTIG BETER?

ALMAL weet die covid-inperkings het ons geestesgesondheid beproef. Soveel sielsondersoek en nadenke. Waarheen is my lewe op pad? Is dit die mens met wie ek die res van my lewe wil deurbring?

Maar die Londense uroloog Gordon Muir het iets anders opgemerk: Sommige mans het hulself in die badkamerspieël begin bekyk en gevra: Is dit die penis waarmee ek die res van my lewe wil deurbring?

“In die pandemie het baie jong mans ure lank pornografie gekyk en terselfdertyd nie behoorlik gesosialiseer nie. Gevolglik het hulle hulself met porno begin vergelyk – mense wat statisties gesproke ekstreem is. Dit is soos om heeldag basketbal te kyk en dan te besluit: Ek behoort twee meter lank te wees. Die volgende stap was dat hulle operasies vir penisvergroting ondergaan het. En met die hersteltyd wat hulle kon kry omdat hulle van die huis af gewerk het, het dit tot ’n grootskaalse slagting gelei.”

Die internasionale vereniging vir estetiese plastiese chirurgie het wêreldwyd ’n beduidende toename in chirurgiese en ook niechirurgiese prosedures sedert die pandemie aangeteken. Meer borsinplantings en operasies om boude te lig. En ook meer chirurgiese en niechirurgiese penisvergrotings.

Een bekende kliniek in Londen, Moorgate Andrology, sê die vraag na “vullers” was groot. “Ons was ’n rukkie gedurende die inperking gesluit, maar toe ons weer oopmaak, het die vraag na vullers deur die dak geskiet,” sê Michael Mills van Moorgate.

Gordon help meestal mans met behandelings ná kanker of erektiele disfunksie. Maar ’n ander deel van sy werk is om reg oor die wêreld te vlieg om rampspoedige kosmetiese peniswerk reg te stel.

“Die tragedie is dat daar in die eerste plek gewoonlik niks ongewoons aan hul geslagsdeel was nie,” sê hy. “ ’n Penis van 13 cm styf en 9 cm wanneer dit sag is, is gemiddeld. Maar die inperking het heelparty mans, veral

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Toets Jou Kennis
1 Wat was die naam van die motor in die TV-reeks Knight Rider? 2 In watter eilandgroep sal jy die eiland Tenerife aantref? 3 Watter voedingstof ontbreek waarskynlik van iemand se dieet as hulle kwasjiorkor kry? 4 In watter posisie het Deon Fourie vir
Huisgenoot2 min read
Het Jy Geweet?
Deesdae is daar twee supergewilde klanklogo’s. Die een is Netflix se “ tudum”-geluid en die ander is TikTok se kenmerkende klankie. Dis wat jy aan die einde van elke TikTok hoor. Die maatskappy het dit ontwikkel om ’n unieke identiteit te gee wat hul
Huisgenoot3 min read
Vra Vir Irma
V Ek het ’n wonderlike, pragtige dogter, maar sy’s tog so ongelukkig. Sy’s nou 44 jaar oud en het ’n seun met baie goeie maniere. Sy was nog nooit getroud nie, maar was in ’n paar lang verhoudings. Sy verdien haar eie salaris en lê nie in kuierplekke

Related