Kuier

SEKS IN SKOLE SAAI ONMIN

Seks en skool klink net nie of dit in dieselfde sin hoort nie, maar ons lewe in ’n tyd waar kinders nêrens meer veilig is nie, nie eens by die skool nie.

Aan die een kant is dit ’n feit soos ’n koei dat kinders deesdae al hoe vroeër seksueel aktief raak, maar aan die ander, gevaarliker, kant kom al hoe meer voorvalle aan die lig van onderwysers wat hul posisie met leerders misbruik om hulle seksueel uit te buit.

Só is die spogskool Bishops in die Kaap laat verlede jaar geruk deur ’n seksskandaal toe dit aan die lig gekom het dat ’n vroulike onderwyser seksuele dade met seuns gepleeg het.

Fiona Viotti, die voormalige geskiedenisonderwyser, het egter vinnig bedank toe haar verhouding met ’n 18-jarige leerder aan die lig kom en daarom kon tugstappe nie teen haar geneem word nie. Die skool se ondersoek het egter bevind dat Viotti tussen 2013 en 2019 skuldig was aan seksuele wangedrag waarby minstens vyf leerders betrokke was.

’n Mens kan nie alle onderwysers oor dieselfde kam skeer nie, maar ná al die skokkende berigte die laaste ruk, is skool beslis nie die veilige hawe wat baie dink

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Bybel-blokraai
NR. 285 WEN R350 KONTANT! VRAAG: As wat staan die sewende dag van die week in godsdiensterme bekend? SKRYF SÓ IN: Vul die Bybel-blokraai korrek in, skryf die letters in die kleurblokke neer en gebruik dit om die antwoord te ontrafel. SMS jou antwoord
Kuier7 min read
As Klaasvakie Wegkruipertjie Speel
Hande op as die bedkassie al jou kopkussing was terwyl jou kleuter jou hele bed oorvat. Of as jou baba net vir ‘n paar minute op ‘n slag slaap of jou skoolgaande kind nog laatnag wakker is en soggens vol nukke is met opstaantyd. Michey* ken dié gevoe
Kuier1 min read
Lei Jouself Op
Mimi sê die Parent Effectiveness Training (PET)-kursus is ‘n “fantastiese kursus vir ouers wat hulle leer hoe om beter te kommunikeer met hul kinders, maar ook met almal rondom hulle”. Sy is self ‘n instrukteur en sê dié kursus, wat plaaslik en wêrel

Related