As gebede verhoor word…
Somerset-Oos het, soos die res van die land, in die vroeë jare negentig groeipyne gevoel. Wit mense wat in die 1992-referendum vir verskillende spanne gestem het, het angstig vir mekaar geknik in McCoughey se apteek agter gesinsgrootte Ponstanbottels en in Bekkie se kafee so tussen die varsgebakte brode. Maar dinge hét stelselmatig begin integreer. Daar was vriendelike gesigte op straat, vredes-optogte waar wit duiwe losgelaat is, en interdenominale gebedsessies by ’n groot wit kruis wat op die Bosberg oor die dorp uitkyk. Jy’t die gevoel gekry mense was gereed vir die nuwe Suid-Afrika. Almal behalwe die APK, maar kom ons vergeet eers (en sommer vir altyd) van hulle.
Die dorp was hoofsaaklik vol verligte Christenmense wat
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days