Weg! Platteland

Dis hemels op Haenertsburg

Wanneer ’n mens van Tzaneen af Haenertsburg toe ry, kan jy kies tussen twée pragtige kronkelpaaie: die een gaan oor George’s Valley en die ander oor Magoebaskloof. Met albei klim jy 620m die Wolkberg in en ry verby waterstrome, inheemse woude en manjifieke bome – groot ou reuse wat die hemele in strek. Die vogtige lug wat hier boontoe beur, skep ’n spesifieke mikroklimaat op “die berg”. En, sê die inwoners, hier in die land van die silwer mis kan ’n mens meestal grys dae en stuifreën verwag.

“As die son hier én op Tzaneen skyn, is daar gewoonlik ’n temperatuurverskil van 5 ºC,” sê Sandi Leigh Moore, ’n grafiese ontwerper. “Hier is net twee swembaddens op die dorp, maar almal het ’n kaggel.” Sandi is die eienaar van The Mountain Company, wat begeleide bergfietsritte, staptogte en toerismeinligting aanbied.

Baie van die inwoners – ook Sandi – hou van al die seisoene die minste van die somer, omdat die dae vir weke aaneen grys en nat kan wees. “As die weer aaklig is en jy wil gaan fietsry, kan jy verby die dorpie opry tot bo by die bergrug, van waar jy Moria, 20 km van Haenertsburg af, kan sien. Jy sak dan af in die bosveld vol turksvye,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland9 min read
Ons Gaan Terug plaas Toe!
In ’n fraai vallei tussen Ngodwana en Waterval-Boven, omtrent 15km suidwes van die Sappi Ngodwanapapiermeule, draai jy van die besige N4 af en mik noord oor die Elandsrivier na die voet van ’n berg. Dit is hier waar jy Dombeya – ’n plaas en kwekery –
Weg: Platteland5 min read
Die Voëlsoekers
Hopeloos te min mense weet van hierdie lieflike tuin by Caledonstraat 49 wat in November verlede jaar sy 25ste bestaansjaar gevier het. Die 16ha huisves twee damme, waaronder die Van Kerveldam wat in 1811 as George se eerste waterreservoir gebou is,
Weg: Platteland15 min read
Woeker Met Winter Se Oorvloed
BEDIEN BY DIE KAGGEL SAAM MET ’N STORIE Turkse rooilensiesop met Persiese platbrood DEUR NA DIE TAFEL WAAR BIBER DOLMAS KLAAR GEDEK IS Soetrissies vol stampkoring, korente en dennepitte OPGEDRA AAN PA SE RIEMPIESTOEL Wildspastei met speserykoejawel ‘

Related Books & Audiobooks