Sprokie vir ’n plaasdier
Dit is nie moeilik om ’n titel uit te dink vir die onwaarskynlike storie van Nicola Vernon en die Greyton-plaasdiertoevlugsoord nie: Die showgirl en die sagmoedige sog. Dalk Die Bond-meisie en die beseerde beeskalf. Of miskien eerder iets soos Die goeie fee en die varke.
Jy hoef jou net te verbeel jy is ’n Afrikaanse Jane Austen – sal ons haar Jana Oosthuizen noem? – iewers op ’n plaas in Afrika, met ’n groot liefde vir diere, want in hierdie storie behoort die gelukkige einde immers aan húlle.
Die basiese bestanddele vir die storie is reeds daar: die avontuurlustige Britse meisie wat in Singapoer grootword en later as danseres in Parys werk (en nóg later as ekstra in die Bond-fliek Moonraker verskyn); die eksentrieke sakeman met ’n kasteel op die Engelse Plattelandwat seldsame plaasdiere red en daar versorg.
Daar is ’n liefdesverhaal, ’n sterfte, ’n behoefte om ’n nagedagtenis te eer. En dan, uiteindelik, ’n baie gelukkige einde vir die diere, wat die eintlike hoofkarakters is in hierdie feeverhaal – of is dit ’n veeverhaal?
DIE TOEVLUGSOORD lê op die plaas Tabularasa, 7 km buite Greyton in
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days