’n Verkeersknoop in Etosha
Ek is nie gebou vir spitsverkeer nie. Ek is nie uniek nie, dit weet ek, maar ek verloor my sin vir humor heeltemal te gou wanneer ek agter die stuur is in die stad – en ek is nie eens iemand wat daagliks ure lank in die verkeer hoef te sit nie. Ons woon relatief naby aan die werk en aan my kind se skool, en daarom gebeur dit bitterselde dat ons langer as ’n halfuur op ’n slag in stadsverkeer deurbring.
Maar in daardie halfuur is daar meer as gereeld iets wat my bloed laat kook en my dogtertjie woorde leer wat haar oupas en oumas op hulle knieë hou. Dis gewoonlik ’n sameloop van gebeure wat tot die uiteindelike uibarsting lei. Dit sal begin met iemand vir wie ek plek gee wat nie dankie sê nie. Dan sal daar ’n klompie wees wat
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days